Monday, February 11, 2013

HR FORUM

HR FORUM

Dr Mario Denton tesame met Marius Orffer en Johan Van die Merwe so pas begin om HR forum te vestig waarby die HR Bestuurders in die omgewing Upington betrek word.  Die primêre doel van die forum is om sake van belang te bespreek en gedagtes daaroor te wissel.

Dr Mario Denton is gekry om ons te help met die vestiging van so ‘n forum en verskaf die akademiese insette.
 
Al die HR Bestuurders in die omgewing is genooi en ons glo dat hierdie inisiatief tot groot voordeel van die HR funksie by maatskappye in ons omgewing sal wees. Dit is so belangrik om beste praktyke en praktiese oplossings te gee synde al die veranderings wat plaasvind in die arbeidsmark

Een van die lede het soos volg geantwoord: Dankie Johan. Ek het die HR Forum vanoggend baie leersaam gevind. Ek dink dit is ‘n skitterende idee en glo dit sal ‘n groot bydrae lewer in ons almal se dag tot dag uitdagings. Amanda van Zyl van Kobus Duvenhage